READ THIS ARTICLE IN ENGLISH
Geskryf deur Willem Louw, bestuurder by Mamre Property Management (willem@mamre.co.za)
Die belangrikste dokument waarvan enige eienaar in ’n deeltitelskema kennis moet neem is die deeltitelwet (2011) wat in 2016 gepromulgeer is, en die regulasies wat die wet aanvul. Hierdie dokumente is vrylik op die internet beskikbaar: Sectional Titles Schemes Management Act, 2011 (Act No 8 of 2011) and Management of Sectional Titles Schemes Management Regulations (wet en regulasies).
Laat ek op hierdie stadium ’n stelling maak: Dit is onrusbarend hoe min eienaars in deeltitelskemas (en dit sluit trustees in) bewus is van die bepalings van hierdie wet en regulasies. Dit is die suurstof en tien gebooie van die skema.
Die regspersoon benodig organe en agente om namens hom op te tree.
’n Regspersoon het twee belangrike besluitnemingsorgane, te wete die Trustees en die Algemene Vergadering. Die Algemene Vergadering bestaan uit al die eienaars van eenhede binne die deeltitelskema.
Al die vergaderings van eienaars word Algemene Vergaderings genoem. Die Algemene Vergadering is uiters belangrik aangesien dit belangrike aangeleenthede buite die jurisdiksie van die Trustees behandel. Dit het ook die mag om beperkings op te lê en aan die Trustees opdragte te gee ingevolge artikel 39 (1) van die wet. Die regulasies van 2016 bevat bepalings rakende eienaarsvergaderings. Trustees en eienaars moet hulle vergewis van al die vereistes en voorskrifte van die regulasies. Die grootste aantal hofsake ensovoorts ten opsigte van regspersone het ontstaan by jaarvergaderings waarin fouteer is.
Eienaars van deeltiteleiendomme beskou die Algemene Jaarvergadering as ‘n formaliteit of selfs ‘n ongerief, maar die bywoning van hierdie vergaderings is ‘n belangrike deel van die eienaarskap van deeltitels en moet as sodanig beskou word. En terloops: Is ons eiendom nie ons grootste enkele finansiële bate nie?
‘n Algemene Jaarvergadering gee alle eienaars en Trustees die geleentheid om belangrike kwessies rakende die werking en effektiewe bestuur van ‘n deeltitelskema te bespreek.
Die eienaars van ‘n Deeltitelskema moet een keer per jaar bymekaar kom op die Algemene Jaarvergadering, wat binne vier maande na die einde van elke finansiële jaar gehou moet word. Die finansiële jaar van die regspersoon loop vanaf die eerste dag van Maart in elke jaar tot die laaste dag van Februarie in die daaropvolgende jaar, tensy anders besluit op ‘n AJV of deur die Trustees. In die praktyk word die AJV gereeld na hierdie periode gehou, hoofsaaklik as gevolg van die vertragings met die verkryging van geouditeerde finansiële state wat met kennisgewing van die vergadering gestuur moet word.
Die onderwerpe wat gewoonlik tydens hierdie vergaderings bespreek word is:
‘n AJV is ‘n vereiste as deel van die goeie bestuur van ‘n deeltitelskema, en daar is ‘n aantal wetlike vereistes wat hiermee verband hou:
Die bywoning van Jaarvergaderings is van kardinale belang om die vergadering te laat plaasvind. Eienaars moet ook bewus wees van belangrike bedryfs- en bestuursaangeleenthede en dat die besluite wat tydens die vergadering geneem word, bindend is.
Die een aspek wat in geen wet of regulasie gevind word nie:
Die Algemene Vergadering gee jou en elke ander eienaar die geleentheid om mekaar te ontmoet en sosiaal te verkeer. Dit is egter nie die geleentheid om ‘n byltjie met jou buurman te slyp nie.
Ek wil afsluit met die volgende…
From 1 May 2020, GotProperty’s new home will be on Junk Mail. The changes will…
Automating rental payments with PayProp saves you time, provides security and gives your business space…
Get the best night’s rest by implementing our bedroom tips. Your environment has a big…
‘Don’t buy until we inspect!’ is the motto of HOME INSPECTION SERVICES South Africa. Why,…
Give the value of your property a boost by upgrading your bathtubs. Renovated bathrooms are…
Add value to your home by investing in new doors. With so many different types…